Sunday 6 May 2012

Toerisme is baie meer as net `n maklike vak.

Deesdae in skole besef leerders nie hoeveel vaardighede die leerders regtig nodig het om sukses te behaal in die vak nie. In die proeftydperk het ek net weereens besef dat leerders dink toerisme is maklik en dat dit die vak is wat jy moet neem as jy `n "breeze" wil he, maar tog maak hulle `n groot oordeels vout. Toerisme is `n vak met baie meer insig as net jou vak wat jy uit jou kop kan studeer. Wat is julle opinie daaroor?

4 comments:

  1. Daar is geen maklike vak nie! Jy moet altyd dink ook.

    ReplyDelete
  2. Die leerders van vandag sien wel baie van die leer vakke as maklike vakke. Net om dat n vak makliker is as Fisiesewetenskappe is dit nie maklik nie. In Graad 12 word tydsones behandel en in dien die werk nie verstaan word nie kan toerisme ook vir leerders baie moeilik word. Dis is dit baie waar dat daar geen maklike vak is nie.

    ReplyDelete
  3. Dit is baie waar. Leerders het die totale verkeerde idee van toerisme in skool. Hulle vat die vak omdat hulle nie van die ander keuses wil vat nie. Hulle vat dit maar as 'n "in plaas van" - vak. Die een dag het die leerders gehoor hulle skryf toets die volgende week, toe kom die dag wat hulle toets moes skryf en natuurlik, toe moes ek dit merk. Ek wou omval van lag vir die gorrel antwoorde wat daar geskryf is. Die punte het pateties gelyk. Die dag toe ek dit vir hulle uitdeel, vra ek "wie van julle het op algemene kennis kom skryf?" en meer as die helfte van hulle het hulle hande opgesteek. Hulle besef nie dat ons, toerisme onderwysers, die wereld vir hulle na 'n klas toe bring nie. En hulle gee net gladnie om nie. Dit is vir my net skokkend.

    ReplyDelete
  4. Ek stem 100% saam met jou. Leerders dink hulle sal die vak vat want dis min werk en dis maklik. maar op die einde van die dag moet jy meer verstaan as leer. Dit gaan oor toepasing en verstaan. Leerders sien dit helemal verkeerd volgens my. skole moet ook dalk aandag gee daaraan om leerders meer voor te berei vir die vak en meer duidelikheid te gee oor die vak toerisme.

    ReplyDelete