Thursday 3 May 2012

Kaartwerk in toerisme

In Toerisme in die skole doen leerder baie kaartwerk en dit is 'n baie belangrike aspek van hulle werk. Kaartwerk is in vandag se tyd met die baie tegnologiese vooruitgang nie meer so noodsaklike komponet soos wat dit so 10 jaar terug was nie. Met 'n GPS is ons lewens baie makliker as in die verlede. Mans en vrouens hoef nie meer langs die pad te stop en met mekaar te stry oor waar hulle nou is en ry terwyl die kaart in die wind rond waai nie. Die GPS vat ons sommer waar ons wil wees en ons kan skree soveel ons wil dié sal nooit kwaard raak vir vir ons nie. Met ander tegnologiese hulpbronne kan mense slef sien hoelyk die plek waarheen mense wil gaan. Google Earth maak dit moontlik dat mense n 3D beeld kry van die plek wat jy wil besoek en ook om te sien watter ander belangrike plekke in die straat is waarheen ons oppad is om te reis.
Hoe voel julle oor al die veranderings in die tegnologie?

3 comments:

  1. Dit is baie waar tegnologie het `n groot impak in ons lewens nie net as onderwyser nie maar vir leerders en toeriste. tegnologie vergemaklik ons lewens en maak die reis beplanning baie gerieflik.

    ReplyDelete
  2. Wonder waar begin Aardrykskunde kaartwerk en waar begin Toerisme kaartwerk !

    ReplyDelete
  3. Leerders begn reeds kaartwerk doen in graad 8 en 9 in Sosiale wetenskappe. Die kaartwerk wat in die grade gedoen word is op n andervlak as die van toerisme. In toerisme leer mense ook die Skaal, simbole, die verskillende soorte kaarte, ruitnommers. In Geografie word meestal gebruik gemaak van Tropogafiese kaarte waar in Toerisme ander kaarte meer gebruik word soos bv. die padkaart. Ander kaarte is die wêreldkaard en kaarte wat die SADC lande aandui.

    ReplyDelete