Thursday 10 May 2012

Top 5 attraksies in Kaapstad

Die Video is op youtube gekry. Omdat baie Toeriste na Kaapstad gaan, is dit belangrik om te weet wat is die top attraksies in Kaapstad.

Tuesday 8 May 2012

Wêreld tyd

Ek het vandag iets baie intressant geleer. Indien daar horlosies op en wat die verskillende tye van die lande deur gee, moet dit altyd eerste Amerika dan onsin as dit op is, dan Eroupa, dan Asië en heel laaste Australie. Ek het altyd gedink mense kan die tyd in enige volgorde sit, maar die volgorde is baie belangrik vir die gebruik van tydsones.

DIe fotos kan saam met kaartwerk gebruik word.

Kaapstad en tafelberg is een van die plekke wat die leerders moes gebruik toe hulle met padkaarte en afstand tabelle gewerk het.

Hier is die padkaart waarmee die leerders gewerk het. Die kaart is 'n gedeelte van die Vrystaad en Noord-Kaap se paaie.

Dit is die afstand tabel wat die leerders gebruik het om die afstand tussen stede en dorpe te bereken.

Monday 7 May 2012

Toerisme in skole

Om bietjie meer van n idee te kry oor hoe toerisme in die skole self lyk het ek die Juffrrou van Hoërskool Florida gevra of ons 'n link na hulle blog kan in sit. www.florriestoerisme.wordpress.com
Die toer wat onderneem is lyk baie lekker en ons kan ook meer leer van tydsones.

Sunday 6 May 2012

Toerisme is baie meer as net `n maklike vak.

Deesdae in skole besef leerders nie hoeveel vaardighede die leerders regtig nodig het om sukses te behaal in die vak nie. In die proeftydperk het ek net weereens besef dat leerders dink toerisme is maklik en dat dit die vak is wat jy moet neem as jy `n "breeze" wil he, maar tog maak hulle `n groot oordeels vout. Toerisme is `n vak met baie meer insig as net jou vak wat jy uit jou kop kan studeer. Wat is julle opinie daaroor?

Thursday 3 May 2012

Kaartwerk in toerisme

In Toerisme in die skole doen leerder baie kaartwerk en dit is 'n baie belangrike aspek van hulle werk. Kaartwerk is in vandag se tyd met die baie tegnologiese vooruitgang nie meer so noodsaklike komponet soos wat dit so 10 jaar terug was nie. Met 'n GPS is ons lewens baie makliker as in die verlede. Mans en vrouens hoef nie meer langs die pad te stop en met mekaar te stry oor waar hulle nou is en ry terwyl die kaart in die wind rond waai nie. Die GPS vat ons sommer waar ons wil wees en ons kan skree soveel ons wil dié sal nooit kwaard raak vir vir ons nie. Met ander tegnologiese hulpbronne kan mense slef sien hoelyk die plek waarheen mense wil gaan. Google Earth maak dit moontlik dat mense n 3D beeld kry van die plek wat jy wil besoek en ook om te sien watter ander belangrike plekke in die straat is waarheen ons oppad is om te reis.
Hoe voel julle oor al die veranderings in die tegnologie?

Saturday 14 April 2012

This blog

This blog is for tourism.
Any ideas for a trip or any activity can be post here.
Teachers and students can talk about tourism and ideas for a class.